Avokado Doopsous

Bestanddele:
2 k Avokadopere
125 ml Mayonnaise
50 ml Suurlemoensap
1 ml Tabascosous
10 ml Sout
1 ml Swartpeper
2 Knoffelhuisies
10 ml Fyn Uie
2 ml Paprika
1 ml Rooipeper
25 ml Gekapte Grasuie
t Aromat
Metode:
Hou grasuie eenkant.
Plaas al die ander bestanddele in versapper en versap tot dik en romerig.
Garneer met grasuie.
Terug Na Begin

Beespot

Bestanddele:
15 kg Bees kookvleis in blokkies
5 kg Bacon
10 Groot uie
5 kg Sampioene
5 kg Aartappels - verkieslik klein
5 kg Wortels
5 kg Boontjies
4 kg Tamaties
Pietersielie
4 l Wyn
1 l Lemoensap
4 Pakkies Beesstert Sop
1 Klein Blikkie Appelkooskonfyt
Sout
Peper
Peperkorrels
Lourierblare
Olie
Metode:
Skil uie en kap grof.
Sny sampioene grof.
Skil aarappels, indien groot sny in kwarte.
Skil wortels en sny groterige en growwe stukke.
Sny boontjies se punte af en sny in twee of drie stukke.
Plaas al die groente in emmers water.
Sny bacon op in groterige stukke.
Maak pot warm en braai uie tot ligbruin in olie.
Voeg Bacon by en braai tot bacon gaar is.
Voeg Appelkooskonfyt by en braai mengsel verder totdat konfyt gesmelt het.
Skep uie & bacon mengsel uit en hou eenkant.
Voeg vleis by pot en braai tot mooi bruin.
Voeg Lemoensap en sowat 3 l wyn by. Later kan jy nog byvoeg indien nodig.
Kook nou die vleis vir sowat 1 uur.
Skep die uie & bacon mengsel op die vleis.
Gooi na smaak peperkorrels en lourierblare op die uie.
Plaas aartappels bo uie & bacon mengsel.
Plaas wortels bo aartappels.
Plaas boontjies bo wortels.
Kook nou pot vir sowat 1 en 'n half uur.
Die groente behoort nou te begin sag word.
Gooi nou die sampioene bo die boontjies.
Sny tamaties grof en gooi oor sampioene.
Kap pietersielie fyn en strooi oor tamaties.
Na sowat 30 minute kan jy die groente begin toets, dit behoort nou sag te wees.
Kyk na die sous in die pot dit moet lekker opkook.
Neem die soppoeier en maak an met 'n bietjie wyn.
Gooi sop oor die groente en kook vir sowat 15 minute.
Proe die sous en indien nodig gooi sout en peper oor.
Kook 'n verdere 15 minute en proe weer.
Jy kan nou finaal 'n stukkie vleis en aartappel uitgrawe en toets vir sagtheid.
Proe die sous ook finaal vir smaak.
Wenk:
Die pot is genoeg vir sowat 70 mense.
Die pot is ook baie smaaklik.
'n Nr 20 pot word aanbeveel.
Die pot vertoon ook mooi.
Indien verkies word kan die konfyt weggelaat word en vervang word met so 3 bottels blatjan.
Terug Na Begin

Beskuitjiestruif
Bestanddele :
1 Pakkie Aarbeijellie
250 ml Kookwater
250 ml Koue water
1 Blik Karamel Kondensmelk
1 Pak Marie of Tennis beskuitjies
500 ml Dik Vlasous
1 Blik Vrugteslaai of 250 ml Gesnipperde Vars Vrugte
125 ml Gekapte Pekan neute
Metode:
Los jellie in kookwater op.
Voeg Koue water by en meng.
Gooi 'n bietjie jellie in glasbak (Glasbak Volume 1.5 l).
Laat in koelkas stol.
Laat oorblywende jellie buite afkoel tot dik, nie gestol nie.
Smeer 'n dik laag kondensmelk oor die beskuitjies.
Plaas beskuitjies op gestolde jellie.
Gooi 'n laag vlasous oor.
Skep van vrugte oor.
Strooi van Neute oor die vrugte.
Bedek met 'n laag jellie.
Herhaal al die ander lae totdat al die bestanddele opgebruik is.
Plaas in koelkas totdat jellie gestol is.
Dien yskoud op.
Wenk:
Kan met roomys of geklitste room opgedien word.
Terug Na Begin

Bobotie
2 dik snye bruinbrood
500 ml melk
2 groot uie gekap
15 ml applekooskonfyt
5 ml gemmer
2 eiers
paprika na smaak
1 kg gemaalde vleis
Olie vir vlakbraai
15 ml kerriepoeier
75 gr pitlose rosyne
pakkie beesstrat soppoeier
2 ml dro mostert
5 ml aromat
Week die brood in die helfte van die melk. Braai die uie in 'n bietjie
olie, tot sag en goudbruin. Voeg die kerriepoeier, gemmer, appelkooskonfyt en rosyne by en
roer goed.
Voeg die vleis by en roer, braai deeglik. Voeg die brood en die soppoeier
by. Klits die eiers, oorblywende melk, mostert en sout saam. Voeg die helfte van die
melkmengsel by die vleis. Skep in 'n oondskottel. Giet die res van die melkmengsel bo-oor
die vleis.
Bak vir 45 minute teen 180 grade C. Strooi paprika oor en bedien warm, met
geelrys en 'n gemengde slaai
Terug Na Begin

Braaivleis Marinade
Bestanddele:
1 l Coke
1 k Worcestersous
1 k Blatjang
Tamatiesous
Metode:
Meng alles saam.
Marineer vleis vir ten minste een uur daarin.
Hoe langer vleis gemarineer word hoe lekkerder.
Terug Na Begin

Ge-Marineerde Hoender
Bestanddele:
100 ml Asyn
100 ml Olie
12,5 ml Worcestersous
12.5 ml fyn gekapte ui
1 Knoffel Huisie
5 ml Paprika
12.5 ml Fyn Appelkoos konfyt
25 ml Tamatie Sous
5 ml Droe Mosterd
1 Hoender +- 3 Kg
Metode:
Meng al die bestanddele vir die sous saam en laat so 3 ure staan.
Sny borsbeen van die hoender en maak hom so 'n bietjie plat.
Smeer hoender met botter en bak vir sowat 'n halfuur.
Voeg ander bestandele by en klits goed.
Haal hoender uit oond en plaas in sous vir 1 uur.
Draai gereelds die hoender om.
Plaas hoender op kole en braai tot lekker bruin.
Bedrup gereeld met sous.
Terug Na Begin

Hoender & Rys
Bestanddele:
1 pak Hoender porsies
1 k Chutney
1 t mosterd
2 blokkies Hoenderekstrak
3 k Water
1 tot 1 k Rou rys
1 k mayonnaise
Meel
Metode:
Los hoenderekstrak blokkies op in water.
Plaas rou rys in oondvaste bak.
Sout en peper porsies en rol in meel.
Plaas hoender bo-op rys.
Meng chutney, mayonaise en hoender blokkie water.
Voeg mosterd by.
Gooi water mengsel oorhoender.
Sit deksel op bak of maak bak toe met foelie.
Bak vir 1 uur teen 180C.
Toets of vleis sag is.
Wenk:
Dien op met baie rys en 'n lekker slaai.
Terug Na Begin

Kaas Aartappels
Bestanddele:
8-10 meduimgrootte-aartapples
2 mediumgroot uie
150g spekvleis
300g sampioene
250ml gerasperde kaas
250ml room
25ml mayonnaise
sout en peper na smaak
Metode:
Voorverhit die oond tot 180C.
Kook aartappels in skil tot gaar.
Sny uie en braai.
Verwyder uit pan en hou eenkant.
Sny spekvleis in kleiner stukkies en
braai in dieselfde pan tot lekker bros.
Verwyder en hou eenkant.
Sny die sampioene en braai.
Skil en sny aartappels in ringe.
Rangskik laag aartappelringe in gesmeerde oondskottel.
Gevolg deur laag uie, laag sampioene, laag spekvleis en laag kaas.
Geur na smaak met sout en peper.
Herhaal met nog 'n laag aartappelringe, sprinkel weer 'n bietjie sout.
Sprinkel peper bo-oor meng room en mayonnaise, giet oor gereg.
Sprinkel kaas bo-oor en bak 30 minute in voorverhitte oond tot mooi bruin.
Terug Na Begin

Kaaspap
Bestanddele:
500 ml Water
500 ml Melk
500 ml Mieliemeel
30 ml Margarien
5 ml Sout
2 Eiers
500 ml Chedder Kaas
1 Blik mieliepitte
Metode:
Meng die water, melk en meel in 'n diep 2l bak.
Voeg margarien en sout by.
Bedek en mikrogolf teen 100% krag vir 15 minute.
Roer elke 5 minute met vurk.
Rasper die kaas.
Klop die eiers liggies.
Klop 'n bietjie van die warm pap by die eiers.
Klop die pap/eiermengdel vinnig by die res van die pap.
Roer kaas en mieliepitte by.
Bedek en mikrogolf by 50% krag vir 20 minute.
Roer die pap goed na die eerste 10 minute.
Laat die pap 'n paar minute staan.
Sit warm voor.
Wenk:
Hierdie pap is heerlik saam met braaivleis.
Terug Na Begin

Kapok Aartappels
Bestanddele:
Aartappels
Chedder Kaas
Mayonnaise
Margarien
Melk
Sout en Peper
Metode:
Sny aartappels op en kook in water tot sag.
Maak aartappels fyn met margarien en melk.
Voeg gerasperde chedderkaas na smaak by.
Voeg Mayonaise by na smaak.
Voeg sout en peper na smaak by.
Terug Na Begin

Rooikool Met Geskiedenis
Bestanddele:
1 Rooikool
1 Ui gekap
1 Tamatie
1 Pakkie Bacon
1 Bakkie Room
Sout en peper na smaak
Metode:
Sny kool en kook vir 20 minute is asyn water.
Gooi asyn water af en kook kool tot sag in water.
Gooi water af.
Braai in 'n ander pot ui tot bruin in olie.
Voeg bacon by en braai tot bros.
Voeg gekapte tamatie by.
Voeg kool by en braai vir paar minute.
Voeg room by en laat prut vir 5 tot 10 minute.
Geur met sout en peper na smaak.
Wenk:
Indien jy lus is vir rooikool gaan soek en koop een al die Saterdag middag, anders gaan jou Sondag middag ete dalk baie laat wees.
Terug Na Begin

Room Hoender
(Huisgenoot Potjiekos)
Bestanddele:
6 Hoenderdye
Barberque speserye na smaak
250g Gesnipperde Bacon
60 ml Appelkoos Konfyt
100 ml Water
15 ml Worcestorsous
12 Klein geskilde uitjies
10 Klein heel aastappels
750 ml Gevriesde Gemengde Groente
300 g Gesnipperde Sampieoene
Aromat na smaak
1 Pakkie Oxtail Sop
1 Pakkie Dik wit uie sop
500 ml Room
Metode:
Sprinkel barberque speserye oor die hoender.
Maak die pot warm en braai die bacon.
Voeg uie en die appelkoos konfyt by an braai tot die uie sag is.
Skep die bacon en uie uit.
Plaas hoender in die pot.
Plaas die bacon en uie mengsel oor die hoender.
Gooi water en worcestor sous oor die hoender.
Plaas die deksel op en laat kook vir 15 minute.
Plaas die klein uitjies en aartappels op die hoender en prut vir 10 minute.
Plaas die groente en sampioene in die pot.
Strooi Aromat oor en prut vir 'n verdere 30 minute.
Meng die sop en room en voeg by die potjie.
Prut vir 'n verdere 30 minute.
Wenk:
Die room kan vervang word met 250 ml room en 250 ml melk, die potjie sal dan nie so ryk wees nie.
Vervang die gevriesde groente met enige klein groente.
Vir ons vriende oorsee. Julle kan net so lekker potjie maak op die stoof in die kombuis.
'n Mens kan nie so lekker om die vuur kuier nie maar jy kan die smaak kry.
En onthou net as 'n potjie geroer word is dit stew.
Terug Na Begin

Sous Vir Pap
Bestanddele:
3 e Botter
k Tamatiesous
k Asyn
k Uie
1 e Mosterd
3 e Suiker
1 t Kerrie
t Sout
Metode:
Braai uie in botter tot ligbruin.
Meng al die ander bestandele en voeg by die uie.
Laat stadig kook.
Terug Na Begin

Sous Vir Skaap Braai
Bestanddele:
1 Ui
12 Knoffel Huisies
1 t Koljander
1 t Heel Naeltjies
1 t Peperkorrels
t Paprika
1 t Worcestorsous
k Tamatiesous
k Blatjan
1 Knippie Rooipeper
170 g Sout
1 k Asyn
2 k Warm Water
Metode:
Meng asyn en water en los sout daarin op.
Meng res van die bestanddele by.
Bere in bottel vir 10 dae.
Wenk:
Aangesien die sous vir 10 dae staan meng die geure en daarom kan die sous dan eers gebruik word.
Die sous kan ook in 'n Sondag middag se skaapboud ingespuit word.
Terug Na Begin

Spare Rib Sous
Bestanddele:
1 Bottel Sojasous
5 e Goud Stroop
2 e Tamatiesous
k Asyn
4 Gekneusde Knoffelhuisies
2 e Blatjang
Sap van 2 Suurlemoene
Metode:
Meng bestanddele en gooi oor vleis.
Marineer oornag.
Bak in sous tot sag in oond.
Kan ook op vuur gebraai word.
Terug Na Begin

Spinasiegereg
Bestanddele:
1 Bos Spinasie
1 k Gerasperde Kaas
1 pakkie SampioenSop
4 Aartapples
1 Ui
1 k Melk
Metode:
Kook aartappels, spinasie en ui tot gaar.
(Indien verkies kan spenasie fyn gesny word).
Voeg gesnipperde sampioene by.
Maak sop aan met 1 k melk en voeg by spinasie.
Kook goed deur en voeg kaas by.
Gooi in oondskottel om te bedien.
Kaas kan bo-oor gestrooi word en 'n paar minute verbruin word in oond.
Terug Na Begin

Tuna Tert
Bedien: 4
Bestanddele:
2 gekapte uie
2 blikkies tuna
150g fyngemaakte
kaas-en-uie skyfies
100ml mayonnaise
100ml blatjang
200ml melk
6 eiers
1 klein blikkie
gesnyde sampioene
2 koppies gerasperde
cheddar kaas
Metode:
Braai die uie. Meng die uie en al die ander bestanddele behalwe die kaas saam.
Bak dit sowat 30 min by 180 grade C. Verwyder uit die oond en strooi die kaas bo-oor.
Terug Na Begin

Uie En Tamatiesmoor
Bestanddele:
300g Sampioene
3 Uie Gekap
4 Tamaties (geskil)
250 ml Room
1 Pak Sampioensop
Olie
Sout en Peper
1 e Asyn
Metode:
Braai uie tot ligbruin en voeg tamaties by.
Voeg gesnipperde sampioene by en kook vir 10 minute.
Strooi soppoeier by.
Meng asyn en room en voeg by uie mengsel.
Wenk:
Hierdie sous is lekker saam met pap en braaivleis.
Terug Na Begin

Vleis Marinade
Bestanddele:
250 ml Tamatiesous
250 ml Blatjang
50 ml Olie
30 ml Stroop
5 ml Tobasco
5 ml Worcestorsous
5 ml Suurlemoensap
5 ml Sout
5 ml Aromat
5 ml Paprika
5 ml Peper
Metode:
Meng al die bestanddele saam.
Marineer vleis (hoender, sosaties of steak) oornag.
Braai vleis en geur na smaak.
Terug Na Begin

Whiskey Marinade
Bestanddele:
k Soja Sous
k Dijon Mosterd
k Whiskey
k Bruin Suiker
t Sout
t Worcestor Sous
t Swart Peper
Metode:
Meng al die bestanddele.
Klits mengsel tot suiker gesmelt is.
Marineer vleis in marinade vir 1 uur.
Bedrup gereeld met sous.
Terug Na Begin

|
|